Wes-Kaap het hoogste getal skoon oudits

Die vrystelling van die Suid-Afrikaanse ouditeur-generaal se oudit-uitkomsverslag vandag, het onreëlmatige besteding in die bedrag van 166 miljard rand, 3,2 miljard-rand in ongemagtigde uitgawes en geen merkbare toename in skoon oudits, in die kollig geplaas. Die SABC en Transnet het gekwalifiseerde oudits ontvang, terwyl die staat se wapenvervaardiger, Krygkor en die Lughawensmaatskappy ongekwalifiseerde oudits ontvang het. Slegs die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika het ‘n skoon oudit ontvang. Die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, sê die Wes-Kaap het die hoogste getal skoon oudits.