SA misdaadstatistiek skets donker prentjie vir slagoffers van geslagsgeweld

Die misdaadstatistiek in Suid-Afrika vir Julie tot September wat die minister van polisie, Bheki Cele, vandag bekend gemaak het, teken ‘n donker prentjie vir slagoffers van geslagsgeweld en vrouemoord in Suid-Afrika. Dit is die mening van ‘n woordvoerder van Action Society, Ian Cameron. Hy sê dis duidelik dat die polisie besig is om die stryd te verloor. Cameron glo die polisie en die regering laat steeds slagoffers van verkragting en huishoudelike geweld in die steek. Altesaam 9 956 gevalle van verkragting is in die drie maande aangemeld.