Wêreldmusiekdag tans by Franco-Namibiese Kultuursentrum gevier

En Namibië vier sy 24ste Wêreldmusiekdag vandag met die Franco-Namibiese Kultuursentrum wat musiekoptredes in die hoofstad aanbied met bekende sangers Riaan Smit en Lin-Marie, asook die rumba-orkes Viva Kalahari. Dit begin vanaand om ses-uur en duur tot tien-uur. Fabienne Conradie, kulturele kommunikasiebeampte van die sentrum, sê toegang is gratis.