SA Mededingingskommissie besorg oor werksekerheid by SAA

Die Mededingingskommissie in die buurland is besorg oor werksekerheid by South African Airways. Die Takatso-konsortium, wat betrokke is by die voorgestelde samesmelting, kan nie waarborg dat afleggings nie in die toekoms sal nodig wees weens bedryfsvereistes of bedryfsveranderinge nie. Takatso wil SAA se lewensvatbaarheid handhaaf, maar vakbonde het vrese oor indiensneming. ʼn Lid van die kommissie, Wiri Gumbi, het getuienis aan die Mededingingstribunaal in Pretoria voorgelê, wat die behoefte beklemtoon om moontlike gevolge van die samesmelting op die werksmag te evalueer.