SA ma staan tereg op moord op haar drie dogters in Nieu-Seeland

Drie Suid-Afrikaanse sussies wat ‘n paar weke gelede saam met hulle gesin na Nieu-Seeland emigreer het, is dood aangetref in hulle nuwe huis. Die media in die land berig die sesjarige Liane en tweejarige tweeling, Maya en Karla, se pa Graham Dickason het hulle gisteraand by hulle huis in Timaru aangetref. Volgens berigte is die meisies se ma weens die moord in hegtenis geneem en sy sal binnekort in die Timaru-distrikshof in Nieu-Seeland verskyn.