SA LP’s vrygespreek van etiek-oortredings

Die Suid-Afrikaanse Parlement se Etiekkomitee het drie LP’s vrygespreek van bewerings wat deur die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, geopper is rakende etiese wangedrag en die nie-openbaarmaking van belange. Die speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is beskuldig dat sy haar pligte oor ‘n brief van ‘n verklikker nie nagekom het nie, maar die komitee het bevind die klagte beskik nie oor spesifieke besonderhede nie. Lydia Moshodi van die komitee sê die klagte teen wyle Tina Joemat-Pettersson is van die hand gewys weens haar nie-lidmaatskap: