SA kabinetsministers baklei glo oor beheer van energiesektor
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, maan kabinetsministers om nie oor die beheer van die energiesektor te baklei nie. Dit volg omdat die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, glo verskil van die minister van energie, Gwede Mantashe, en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, oor die magte wat hy vir sy mandaat het. Mbalula sê Suid-Afrikaners wil ʼn oplossing vir die energiekrisis hê. Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC kry glo hierdie naweek ʼn verslag van Ramokgopa.