SA kabinet verwelkom VN Veiligheidsraad-resolusie oor Gaza

Die kabinet in die buurland verwelkom die resolusie van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies wat ‘n onmiddelike skietstaking in die Gazastrook tydens Ramadan en die vrylating van alle gyselaars eis. Die resolusie bewys die regering se leierskap as die eerste land wat menseregteverbrekings in Palestina teengestaan het. Die skietstilstand sal die vloei van humanitêre bystand vergemaklik. Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het aan die media gesê die bindende aard van die resolusie toon die internasionale gemeenskap se vasberadenheid om die voortslepende krisis in Gaza aan te spreek.