SA-hof hoor argumente oor onafhanklike kandidate aan

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Onafhanklike Kandidate sê dis irrasioneel en druis in teen die oppergesag van die reg dat slegs 200 van die 400 setels in die Nasionale Vergadering aan onafhanklike kandidate toegewys word. Die vereniging en Build One South Africa sê die hoogste hof moet die wet ongrondwetlik verklaar. Die vereniging se regsverteenwoordiger, advokaat Griffiths Madonsela, sê in verkiesings skep die wet ‘n ongelyke speelveld vir onafhanklike kandidate en politieke partye:

Intussen sê die Departement van Binnelandse Sake se verteenwoordiger, Steven Budlender, dit maak geen sin om die drumpel vir onafhanklike kandidate te verander nie omdat dit probleme sal veroorsaak: