SA het weer fase 4-beurtkrag

Eskom het aangekondig die land skuif vanaf vyf-uur vanmiddag tot tien-uur vanaand na fase 4-beurtkrag. ‘n Woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê ‘n verdere verlies aan opwekkingsvermoë het tot die toename gelei. Mantshantsha sê Eenheid 2 van die Kusile-kragstasie het vroeër vanmiddag onklaar geraak en al word die eenheid weer in diens gestel, sal dit eers gedurende die nag weer ten volle in werking wees.