SA het grootste ekonomiese krisis sedert 1994
Suid-Afrika staan tans voor sy ergste ekonomiese krisis sedert 1994. Dit is volgens die ekonoom, Duma Gqubule, wat sê daar was die afgelope 15 jaar geen ekonomiese groei nie. Hy sê die bruto binnelandse produk per capita het vanaf 2007 tot 2022 gedaal. Gqubule verwag die daling sal tot 2025 voortduur. Hy sê ook die werkloosheidskoers sal na verwagting styg, met die regering se fokus hoofsaaklik op inflasie en skuld, eerder as om hom aktief op ekonomiese groei toe te spits: