SA gesels met bure oor onwettige immigrante

Suid-Afrika het met buurlande samesprekings gevoer oor die kwessie van onwettige immigrante. Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, sê dit is ‘n poging om onwettige mynbedrywighede en ander vorms van misdadigheid deur immigrante uit die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te bekamp. Motsoaledi hoop die lande wie se burgers Suid-Afrika onwettig binnekom en misdade pleeg, sal tussenbeide tree: