Russiese vegvliegtuie in Krim verwoes

Satellietfoto’s toon aan ten minste sewe Russiese oorlogsvliegtuie is vernietig en nog twee beskadig in ontploffings op die land se lugmagbasis in Krim vroeër die week. Navorsing dui daarop dit is moontlik Moskou se grootste verlies aan militêre vliegtuie sedert die Tweede Wêreldoorlog. ‘n Voormalige Australiese Lugmagvlieënier en navorser van die Griffith Asia-instituut, Peter Layton, het die satellietfoto’s van die Lugmagbasis Saki voor en na die aanval bestudeer. Oekraïne sê hy kan nie die oorsaak van die ontploffings bepaal nie, terwyl Rusland dit toeskryf aan lugvaart-ammunisie.