SA dorpe met bykomende beurtkrag-ure wen Appèlhofsaak teen Eskom

Die Appèlhof het uitspraak gegee dat Eskom nie die kragtoevoer na die Ngwathe-munisipaliteit in die Vrystaat en die Lekwa-munisipaliteit in Mpumalanga mag afsny nie, al het die munisipaliteite meer as twee miljard rand uitstaande skuld. ‘n DA-raadslid van die Lekwa-munisipaliteit, Muso Khubeka, sê in die uitspraak beveel die hof Eskom om elektrisiteit ten volle aan die gebiede te herstel. Hy sê dit sal die verdere beurtkrag in die gebiede wat saam met die nasionale beurtkrag toegepas is, beëindig.