AfriForum neem Ramaphosa hof toe weens gebrek aan dienslewering

AfriForum neem President Cyril Ramaphosa en 16 ander môre hof toe weens die gebrek aan dienslewering. AfriForum en die Mafube Sakeforum het die aansoek by die hooggeregshof in die Vrystaat ingedien oor diensleweringskwessies in die Mafube plaaslike munisipaliteit. AfriForum sê die munisipaliteit is amptelik bankrot en versuim om aan die behoeftes van die gemeenskap te voldoen. AfriForum-lid Morné Mostert sê die president moet ingryp.