Man wat glo 13-jarige swanger maak, borgtog geweier

Die 25-jarige man wat die naweek in hegtenis geneem is nadat hy glo ‘n 13-jarige meisie by die Okongo-nedersetting swanger gemaak het, het vlugtig in die hof op Okongo op ‘n klag van verkragting verskyn. Hy bly in aanhouding en die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. Die baba is nou twee maande oud, en die ma 14. Dr. Veronica Theron, kinderbeskermingspesialis en tegniese adviseur van die Presidentsvrou, gee haar reaksie oor die saak aan Kosmos 94.1 Nuus.