Rwanda is ‘n veilige land vir asielsoekers

Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, sê Rwanda is ‘n veilige land en daar is geen rede tot kommer om vlugtelinge en migrante soontoe te repatrieer nie. Sy kommentaar kom die Britse appèlhof se beslissing dat planne om asielsoekers na Rwanda te stuur, onwettig is. Sunak sê die land word dan deur die VN gebruik om vlugtelinge te repatrieer.