Eskom sê hoe dit opwekkingsvermoë kan verbeter 

Eskom het die gebiede uitgewys waarop hy fokus om sy opwekkingsvermoё te verbeter. Die bedryfshoof, Jan Oberholzer, het op ‘n nuuskonferensie laat blyk die kragvoorsiener vaar swakker as die internasionale standaarde vir die instandhouding van aanlegte. Volgens hom sluit die strategie in die vestiging van ʼn bedryfsentrum en versnelde aankope van onderdele, asook die indiensneming van meer vaardige en ervare mense, insluitend aanlegbestuurders. Oberholzer sê daar moet ook skakeling met ervare eksterne kundiges wees, versnelde opleiding en ontwikkeling, en ‘n vaardigheids- en bevoegdheids-oudit.