Rugby: Morné Steyn word Leeus se skopkonsultant
Rugby: Die Springbok- en Bulle-legende, Morné Steyn, gaan in die komende seisoen die Leeus se skop-konsultant wees. Die 39-jarige losskakel het vroeër vanjaar as speler uitgetree na 68 toetse vir Suid-Afrika en meer as 150 wedstryde vir die Bulle. Steyn sê hy is baie opgewonde om by die Johannesburgse span aan te sluit, wat beskik oor opwindende talent en uiters vaardige beroepslui. Die Leeus se uitvoerende hoof, Rudolf Straeuli, sê Steyn is een van die beste skoppers in wêreldrugby en dit is ‘n groot aanwins dat hy sy kennis en ervaring met hulle gaan deel.