Romney sê Trump en Biden moet beide waai

Utah se Republikeinse senator Mitt Romney het ‘n beroep op president Joe Biden en oudpresident Donald Trump gedoen om opsy te staan en plek te maak vir ‘n nuwe geslag politici. Die 76-jarige gewese presidentskandidaat sê hy is voornemens om in Januarie 2025 aan die einde van sy termyn in die senaat af te tree. Romney sê nie Biden of Trump lei hulle party om noodsaaklike kwessies soos die stygende nasionale skuld en die klimaatskrisis aan te spreek nie: