Richelieu Eagles verloor tweede wedstryd

Die Richelieu Eagles het weer in Kirtipur, Nepal verloor. Skotland het die wedstryd met tien paaltjies en 167 balle oor, gewen. Dit was die tweede wedstryd van die driehoekige reeks met Nepal en Skotland. Skotland het gekies om eerste veldwerk te doen en Namibië kon net 153 vir almal uit aanteken. Vrydag speel Skotland en Nepal.