Rekords oor die Polanski-verkragtingsaak word oopgemaak

Die Los Angeles-distriksaanklaer se kantoor sê hy sal nie meer beswaar maak teen die vrystelling van ‘n die dokumente van die verkragtingsaak van die rolprentregisseur Roman Polanski nie. Polanski wil blykbaar toegang daartoe hê sodat die 45-jarige saak herondersoek kan word. George Gascon van die aanklaer se kantoor het die aankondiging gemaak. Polanski het in Augustus 1977 skuldig gepleit op een aanklag van onwettige seksuele omgang met ‘n minderjarige, maar het voor ‘n vonnisverhoor uit die Verenigde State na Frankryk gevlug. Hy woon sedertdien daar. Gascon sê die besluit het gekom na aanleiding van ‘n brief van Samantha Geimer, die slagoffer in die saak, wat al jare lank probeer het om die saak van die hand te wys. Sy was 13 jaar oud toe Polanski skuld beken het dat hy seksueel met haar verkeer het.