Voorvaderlike grond: Wie as inheemse Namibiërs moet dit kry?

Die kwessie oor grond in Namibië is steeds ‘n groot gesprekspunt, veral oor voorvaderlike grondeise. Dit het gelei tot verskillende besprekings in ‘n poging om die saak die beste op te los. Op 27 Julie sal burgerlike samelewings-organisasies en politieke leiers ‘n gesprek oor die aangeleentheid hê. Joyce Muzengua van die Landless People’s Movement, wat deel van die besprekings sal wees, het gesê daar is baie wat bespreek moet word, veral oor die aanspraak op die voorvaderlike grond. Muzenga sê die vraag is wie as inheemse inwoners van Namibië, is geregtig op voorvaderlike grond.