Rehoboth-staking onaanvaarbaar – burgemeester

Die meeste Rehoboth-inwoners is nou al vir meer as ‘n week sonder water of elektrisiteit weens die voortslepende staking deur die Rehoboth-dorpsraad se werknemers. Die werknemers het verlede Woensdag begin staak en eis ‘n salarisverhoging van vier persent. Simeon Kanime, die uitvoerende hoof van die dorpsraad Rehoboth, het stakende werknemers aangemoedig om die huidige sosio-ekonomiese omstandighede wat die land in die gesig staar, te aanvaar en binne hul vermoëns te leef. Die burgemeester van die dorp, Enrico Junias, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die staking is onaanvaarbaar.