Eskom-base kry nie verhoging nie

Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, kry vanjaar weer nie ‘n verhoging nie. Alle ander uitvoerende en senior bestuurders by Eskom kry ook nie ‘n verhoging nie. Dit sluit in Calib Cassim, finansiële hoof Jan Oberholzer, bedryfshoof, en Rhulani Mathebula, waarnemende hoof van kragopwekking, en alle kragstasiebestuurders in. De Ruyter verdien sedert Maart 2020, 586 667 Suid-Afrikaanse rand per maand wat meer as 7 miljoen rand per jaar is.