Rekord-boerpot in EuroMillions vanaand… ons kan net droom…

‘n Rekord-boerpot van ten minste 3,8 miljard Namibiese dollar is in vanaand se EuroMillions-lotery op die spel. Dit is die grootste ooit en steek die vorige rekord van 3,7 miljard dollar verby wat Joe en Jess Thwaite van Gloucester twee maande gelede gewen het. Daar word berig hierdie week se bedrag behoort genoeg te wees om ‘n paar herehuise in Miljardêrs-laan in Londen te koop, of ‘n super-seiljag. Andy Carter van Brittanje se Nasionale Lotery sê hulle ondersteun alles, van plaaslike projekte tot die land se atlete by die Olimpiese en Paralimpiese Spele.