Registreer om verandering te bring
Net soos in Namibië is baie inwoners van die buurland ontevrede met die regering se prestasie, en is daar verkiesings op hande. Die U-D-M-leier Bantu Holomisa het Suid-Afrikaners gewaarsku voortgesette steun vir die regerende ANC in verkiesings sal korrupsie, ekonomiese probleme, beurtkrag, stygende werkloosheid, inflasie en armoede verder laat toeneem. Hy het ʼn ope brief aan landsburgers geskryf om kiesers aan te moedig om vir volgende jaar se verkiesing te registreer. Die UDM se sekretaris-generaal, Yongama Zigebe, sê die verkiesing bied ’n geleentheid om op verandering aan te dring.