Reënwoudlande werk sewepuntplan uit 

Lande wat die tuiste van die wêreld se drie groot reënwoude is het ooreengekom om saam te werk om ontwouding te voorkom en biodiversiteit te beskerm. Die aankondiging het gekom op die laaste dag van die Three Basins-beraad wat deur die Kongo Republiek aangebied word, wat verskeie belanghebbendes bymekaar gebring het om die bestuur en bewaring van die Amasone, die Kongo-bekken en woude in Suidoos-Asië te beskerm.  Die lande het die belangrikheid van samewerking erken en ooreengekom om maniere te ontwikkel om die woude te beskerm in ‘n sewepuntplan. Die gebiede is die tuiste van twee derdes van die aarde se biodiversiteit.