Redes vir rand se goeie lopie

Die rand se goeie lopie teen die dollar word toegeskryf aan finansiële onbestendigheid in Amerika, soos laer as verwagte werkskepping en ‘n hoër as verwagte werkloosheidskoers. Die Suid-Afrikaanse geldeenheid het vanoggend op ‘n stadium tot onder 14-rand teen die dollar versterk wat die beste is sedert 2019. Sowat ‘n jaar gelede het die rand gesukkel om onder 20-rand teen die dollar te bly. Kenners verwag egter nie dat die rand lank so sterk gaan bly nie.