Ramaphosa verstaan impak van beurtkrag

Die Suid-Afrikaanse presidensie sê President Cyril Ramaphosa het die vernietigende uitwerking van beurtkrag aanvaar wat nie net huishoudings raak nie, maar ook sakeondernemings, die ekonomie en werksgeleenthede. Eskom het aangekondig verskillende beurtkrag-vlakke sal hierdie week ingestel word. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê daar word gewerk om die situasie by Eskom onder beheer te kry: