Nieu-Seeland hof sê stemregte is skending van regte

Nieu-Seeland se hooggeregshof het beslis dis ‘n oortreding van die Wet op die Handves van Regte en ‘n skending van jongmense se menseregte dat 16- en 17-jariges verbied word om te stem. Dit volg ná ‘n Hooggeregshof-bevinding verlede jaar dat dit in ‘n demokratiese samelewing geregverdig is dat die ouderdomsbeperking van stemgeregtigdes 18 jaar is. Die Parlement sal nou ‘n amptelike hersieningsproses volg om die beslissing te debatteer en te hersien. Slegs enkele lande laat mense onder 18 toe om te stem, naamlik Brasilië, Kuba, Oostenryk en Malta.