Ramaphosa spreek vanaand land toe oor kragkrisis

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal vanaand om agt-uur die land toespreek oor stappe wat die regering sal neem om die kragkrisis aan te spreek. Dit volg nadat adviseurs hul planne aan Ramaphosa voorgelê het om die land se kragkrisis op te los. Dit is onseker of Ramaphosa beoog om ‘n nasionale nood- of ramptoestand oor die krag sal afkondig.