Namibiese damme is tans saam 79,5% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 79,5 persent vol teenoor die 82,2 persent die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Suid-damme is tans voller op 88,9 persent teenoor verlede jaar se 87,9 persent. Die sentrale damme is tans saam op 56,3 persent baie leër as verlede jaar se 79,9 persent. Die Von Bachdam staan op 51,4 persent en die Omatakodam op slegs 8,3 persent. Gobabis se damme kommerwekkend leër op die huidige 21,2 persent teenoor verlede jaar se 35,7 persent.