Ramaphosa se opdragte vir paneel kenners is afgehandel

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die lys opdragte vir die paneel kenners wat hy aangewys het om die regering se reaksie op die Julie-onluste te beoordeel, afgehandel. Die paneel bestaan uit professor Sandy Africa as voorsitter, advokaat Mojanku Gumbi en Silumko Sokupa. Hulle moet aanbevelings doen oor maatreëls en stelsels wat die regering in plek moet stel om op sulke onluste te reageer. Die paneel sal die verslag en aanbevelings na verwagting binne drie maande indien.