Slegs een vuurwapen in die Erongo-streek tydens amnestiemaand ingehandig

Die Namibiese polisie in die Erongo-streek is bekommerd oor die min onwettige vuurwapens wat tydens die amnestietydperk in September ingehandig word. Volgens inspekteur Ileni Shapumba van die Erongostreek, is slegs een vuurwapen op Swakopmund ingehandig. Mense in besit van onwettige en ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie het ‘n grasietydperk van een maand gekry om dit in te handig sonder om vervolg te word. Die amnestiemaand is deur die veiligheidsminister, dr. Albert Kawana, aan die begin van September van stapel gestuur. Shapumba gesels met Kosmos 94.1 Nuus.