Ramaphosa beklemtoon belangrikheid van privaat sektor

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika kan nie ‘n dinamiese, mededingende, vinnig groeiende ekonomie bou sonder ‘n sterk en bevoegde ontwikkelingstaat én ‘n inklusiewe, vinnig groeiende privaat sektor nie. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief hy is bewus van die debat oor die onderskeie rolle van die staat en sakesektor om ekonomiese groei en werkskepping te verseker, en of die twee hand aan hand gaan. Die private sektor neem sowat driekwart van Suid-Afrika se arbeidsmag in diens. Ramaphosa sê saam met ‘n bevoegde ontwikkelingstaat het die land dus ook ‘n gesonde privaat sektor nodig wat in produktiwiteit belê.