God’s Window se loopplank langer as Grand Canyon s’n

Die nuwe uitsig-loopplank wat volgende jaar by God’s Window in Mpumalanga oopgestel word, gaan sowat 12 meter ver oor die kranse van die Blyderivier-afgrond hang. Die provinsie se Toerisme- en Parke-agentskap sê dit gaan ‘n asemrowende uitsig bied oor die Laeveldse landskap 900 meter daaronder. Dit sal hoër wees as ‘n soortgelyke loopplank by die Grand Canyon in Amerika en die glasbrug by Zhangijiajie in China. Die loopplank in Mpumalanga sal tot groot voordeel wees van die Mapulana-stam wat die grond besit, en ook besoekers se ervaring op die Panorama-roete verbreed.