Raad van Kerke vier Wêreldbiddag vir Vroue

Die Raad van Kerke in Namibië vier die Wêreldbiddag vir Vroue môre op Saterdag, 2 Maart. Christen-vroue, -mans en -kinders van baie tradisies kom elke jaar bymekaar om ‘n gemeenskaplike dag van gebed op die eerste Vrydag van Maart te vier. Alle denominasies word genooi om deel te neem om 2-uur môre by die Rooms-Katolieke Gemeentesaal by die Katedraal in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Devinia Bezuidenhout, lid van die Raad van Kerke, wat sê die tema vanjaar is Palestina.