Loftus uitverkoop vir Bulls-Stormers kragmeting

Rugby: Die Stormers is môre in Pretoria vir die groot noord-suid derby teen die Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap. Na wat berig word is kaartjies by Loftus Versfeld, waar die wedstryd gespeel word, uitverkoop. 51 500 mense gaan die stadion volpak vir die plaasliike rugby-geleentheid van die jaar. Die afrigter van die Stormers, John Dobson, sê die herlewing van die tradisionele stryd tussen noord en suid is goed vir die sport.