R65 miljoen aan watertenkwaens bestee, maar daar is nie water

Die DA in Gauteng sê duisende inwoners in dele van die Emfuleni plaaslike munisipaliteit het nie toegang tot ononderbroke watertoevoer nie, in weerwil daarvan dat die munisipaliteit aan kontrakteurs 65 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir watertenkwaens betaal het. Baie inwoners beweer hulle het weke lank geen toegang tot water uit tenkwaens nie. Kingsol Chabalala van die DA sê, dit is onaanvaarbaar, want toegang tot water is ‘n basiese reg.