Putin besoek die Oekraïne

Russiese President Vladimir Putin het vandag ‘n verrassingsbesoek per helikopter aan die oorloggeteisterde hawe van Mariupol gebring, berig Russiese staatsmedia. Dit is die Kremlin-leier se eerste reis na die Russies-besette gebiede van die Oekraïne se Donbas-streek sedert die konflik begin het. Die besoek volg nadat Putin Saterdag na die Krim gereis het in ‘n onaangekondigde besoek ter viering van die negende herdenking van Rusland se anneksasie van die skiereiland van die Oekraïne, en net twee dae nadat die Internasionale Strafhof ‘n bevel vir inhegtenisneming teen die Russiese leier uitgereik het.