Politieke kenner reageer op Fishrot-ses se appèl-borgaansoek

‘n Politieke kommentator het gereageer op Hoërhofregter Shafimana Uitele wat vandag in die Windhoek-hoërhof aan ses van die Firshrot-beskuldigdes verlof tot appèl teen die weiering van hul borgtog-aansoeke toegestaan het. Die ses Fishrot verdagtes het vir verlof tot appèl teen Uitele se weiering van borg gevra het. Uitele het borgtog op 1 April vanjaar in die soveelste aansoek, geweier. Die ses se saak sal nou in die hooggeregshof aangehoor word. Die Fishrot-ses sê hulle is nie ‘n vlugrisiko nie, want hulle het nie geld nie, maar waar kry hulle geld vir al die appèlsake vir borgaansoeke? Dr. Ndumba Kamwanyah, ‘n politieke kommentator gesels met Kosmos 94.1 Nuus…