Politieke kenner: Druk op Koning Mswati III  

‘n Politieke ontleder het gereageer op Koning Mswati III van Eswatini wat die buitengewone beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat vandag in die hoofstad plaasvind, misloop. Die byeenkoms sal die politieke en veiligheidsituasie in die streek bespreek. In sy plek sal die koninkryk se premier, Cleopas Sipho Dlamini, dit bywoon en hy sal ‘n verslag oor sy land se veiligheidsituasie lewer. Onder die voorsitterskap van President Hage Geingob, is dit die eerste vergadering van staatshoofde vanjaar. Geingob staan aan die hoof van die SAOG se orgaan oor politiek, verdediging en veiligheidsamewerking. ‘n Suid-Afrikaanse politieke kenner, professor Andre Duvenhage, sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat die redes kan wees waarom die koning besluit het om nie op te daag nie.