Oseane-ekonomie onder toenemende drukJune 6, 2025

VN Handel en Ontwikkeling, Unctad, het gewaarsku die wêreldwye oseane-ekonomie staar toenemende druk in die gesig weens omgewings- en politieke skokke. Die organisasie het in sy wêreldhandelsverslag vir Junie 2025 die belangrike rol van oseane in werksgeleenthede, voedsel, innovering en handel beklemtoon. Die sektor is 39-biljard Namibiese dollar werd en ondersteun 100-miljoen werksgeleenthede, maar verkeer in gevaar weens klimaatsverandering, besoedeling en stygende tariewe. In aanloop tot die 3de Verenigde Nasies-oseanekonferensie in Frankryk volgende week versoek die organisasie sterker oseane-bestuur, groen beleggings, billiker handel en klimaats-aanpasbare mariene infrastruktuur.