Polisie soek na hof-skieters

Die Gautengse polisie het ‘n soektog van stapel gestuur ná ‘n noodlottige skietery vroeër vandag buite die Landdroshof in Randburg. ‘n Man en ‘n vrou is doodgeskiet terwyl hulle na die hof toe gestap het. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die verdagte, wat nog onbekend is, het op die slagoffers losgebrand en in ‘n swart Mercedes-Benz op die vlug geslaan. Masondo voeg by die slagoffers is op die toneel dood verklaar: