Pogings om vrede in Ethiopië te bewerkstellig

‘n Rebelle-leier wat teen die Ethiopiese regering veg, sê sy soldate is naby die hoofstad en berei voor vir nog ‘n aanval. Die bevelvoerder van die Oromo Bevrydingsleer, Jaal Marroo, voorspel die oorlog sal binnekort eindig want die rebelle is ná aan ‘n oorwinning. Diplomate is naarstiglik besig met onderhandelings vir ‘n wapenstilstand. AFP berig die Ethiopiese regering het gerugte verwerp, dat die rebelle binne trefafstand van Addis Ababa is. Hy het egter opdrag gegee dat die stad moet voorberei om homself te verdedig. Buitelandse ambassades het hulle personeel onttrek.