Waterregte is joune, en kan oorgedra word

Agri SA het die beslissing van die Appèlhof verwelkom dat houers van waterregte geregtig is om sulke regte oor te dra en dat dit nie verbode is om daarmee handel te dryf nie. Die hoof van hulpbronne by Agri SA, Janse Rabie, sê hulle wag op die Departement van Water en Sanitasie se besluit of hulle die saak na die Konstitusionele Hof gaan neem vir verdere oorweging. Hy sê die uitspraak beklemtoon dat meganismes in plek gestel moet word om erkenning te gee aan die feit dat water nie aan die staat behoort nie: