Pieter-Steph du Toit draf teen All Blacks uit

Rugby: Die Springbok-flank, Pieter-Steph du Toit, sal vanmiddag die eerste keer in drie jaar met die All Blacks kragte meet in die Rugby-kampioenskapstoets in Mbombela. Hy het laas in 2019 teen hulle gespeel voor ‘n reeks beserings hom maande lank van die veld af gehou het. Du Toit sê hy het baie selfvertroue ná die onlangse reeks teen Wallis. Hy sê dit is altyd ‘n groot geleentheid om teen die All Blacks te speel. Afskoptyd is vanmiddag vyf-oor-vyf.