Phala Phala-ondersoek afgehandel

Die kantoor van die Openbare Beskermer in die buurland het bevestig die Phala Phala-ondersoek is afgehandel en ‘n tussentydse verslag is voltooi. Die waarnemende uitvoerende bestuurder, Vusumuzi Dlamini, sê die tussentydse verslag moet nog deur interne hersiening-strukture gaan vir gehalte-versekeringsdoeleindes. Sodra die gehalte-versekeringsproses voltooi is, sal die verslag aan die betrokke partye vrygestel word om kommentaar te lewer voor dit gefinaliseer word.