Pfizer vra goedkeuring vir sy entstof vir kinders, 5 tot 11

Pfizer het die uitslae van sy proewe van sy Covid-entstof op kinders tussen die ouderdom van vyf en 11 by Amerikaanse owerhede ingedien vir goedkeuring vir gebruik. Die Amerikaanse administrasie vir voedsel en medisyne het aangekondig dat hy dit dringend sal hersien en daar word verwag dat ‘n besluit teen die einde van Oktober gemaak kan word. Die entstof is reeds vir kinders tussen 12 en 15 goedgekeur. Volgens Pfizer het hy uitstekende uitslae gehad in sy steekproef met net meer as 2 260 kinders. Kuba ent kinders so jonk as twee-jaar oud met sy eie vervaardigde entstof.